Kom saam met Lara op haar Sabbatsreis vol herinneringe van haar kinderdae. Moeilike tye wat sy nooit gedink het sy gaan oorleef nie. Soos die aande wat sy en haar sussies moes vlug en in mense se tuine wegkruip om weg te kom van hulle pa se geweld wanneer hy gedrink is. Hierdie is tye wat sy met alles in haar vermoë eerder uit haar gedagtes sou wis.
Maar daar was ook wonderlike tye wat sy by haar liefste ouma en oupa spandeer het, die enigste plek waar sy veilig en geborge gevoel het.
Dan kom die noodlot weereens en ruk haar voete onder haar uit. As jong vrou en ma moet sy steeds saans vlug en wegkruip vir die geweld wat so na haar bloed soek.
Wanneer haar jongste op ’n punt kom waar hy nie meer kans sien om te lewe nie, word ook haar rowe afgeruk en is dit tyd vir ernstige introspeksie.
Gaan Lara ook na verkeerde uitweë soek in die lewe, of gaan sy iewers haar lag terugkry?
Viazma (Grootdruk)
R269.00Pascal Benz se lewe verander wanneer sy ontdek dat haar ma se dood nie ’n ongeluk was nie. Jare lank het sy met die verlies saamgeleef, maar nou begin die waarheid stadig na vore kom. Haar ma het iets ontdek wat sy nooit moes geweet het nie: ’n geheime netwerk rondom Viazma, ’n afgeleë inrigting waar weerlose mense vir wrede eksperimente gebruik word.
Wanneer iemand toegang tot Pascal se huis kry, haar dophou en boodskappe los, besef sy dat die verlede haar ingehaal het. Sy weet wie daarvoor verantwoordelik kan wees – en sy weier om stil te bly.
Terwyl haar liefde vir Enoch haar anker bied, betree Pascal ’n wêreld van gevaar, bedrog en verraad. Maar Viazma se donker gange hou geheime wat selfs sy nie verwag het nie.

Reviews
There are no reviews yet.