Die Debois familie is ’n hegte en ’n gelowige familie met vaste beginsels. Diandre, die hoof van die huis, met sy pragtige minsame vrou Mabel en hul twee kinders, Laron en Tulip.
Hul besit ‘n huis in die Bourdeaux, maar het ook ‘n plaas sowat driehonderd kilometer van die stad, La Mirage, waar hul naweke uitspan. Die kinders is uit die huis, met Tulip wat besig is met haar studies en Laron ‘n man met ‘n neus vir besigheid, of het hy? Sy besigheid idees misluk elke nou en dan en tot dusver moes sy ouers nog elke keer opdok wanneer hy met ‘n nuwe meester plan vorendag gekom het.
Hoe lank sal hulle hom nog finansier en wat sal sy reaksie wees die dag as hulle nie meer wil saamspeel nie? Sal hy vir eens leer om op sy eie bene te staan of sal sy losbandige leefwyse hom tot ander aksie dwing?
Sal die eens hegte familie die toets van die tyd kan deurstaan, of sal die ergste verraad hul vernietig?
Skaakmat
Price range: R99.00 through R359.00Eliana Moore beland vasgevang in die invloedryke Malan-familie se glansryke, maar verstikkende wêreld. Agter luukse
hotelle, internasionale jag-ekspo’s en ’n sogenaamd onberispelike familienaam skuil manipulasie, beheer en stil
wreedheid. Wanneer sy verlief raak op Cameron Malan, erfgenaam van ’n magtige jagryk, word sy onwetend ’n pion in ’n
groter magspeletjie. Cameron moet kies tussen familieplig en die vrou wat sy hart onherroeplik verander het. Terwyl sy
dominerende moeder alles in haar vermoë doen om beheer te behou, word Eliana se geloof, selfwaarde en volharding tot
die uiterste beproef.
