Lang pad na selfaanvaarding is ’n eerlike en diep persoonlike reis deur ’n lewe vol vrae, seer, geloof en uiteindelike hoop. Van ’n moeilike begin by geboorte, ’n kinderjare van eensaamheid en die voortdurende soeke na aanvaarding, tot die uitdagings van volwassenheid en die emosionele storms wat die lewe bring – hierdie verhaal neem die leser saam op ’n pad van selfontdekking. Teen die agtergrond van ’n veranderende wêreld en persoonlike krisisse, leer Ellibet om haar eie stem te vind en die stilte rondom innerlike stryd te verbreek. Met eerlikheid, humor en geloof deel sy haar verhaal sodat ander kan weet: jy is nie alleen nie. Hierdie boek is vir elkeen wat al ooit gewonder het of hulle goed genoeg is – en wat die moed soek om hul eie waarde te ontdek. Soms begin genesing eenvoudig met die eerste stap op ’n lang pad na selfaanvaarding.
Die sitkamer se lig brand
R169.00Ek hou van mense en hulle belewenisse. Ek lees graag en ek het baie dinge wat ek graag wil hê andere moet lees, deels om lewenslesse met hul te deel, om hul te laat lag en veral om hulle te laat moet skep. Ek is nie ‘n motiveringspreker nie, maar ek kan andere deur my lewenservaringe motiveer, want as ek kon, dan kan jy. Ek is ‘n reisiger en sal my nooit aan ‘n enkele plek kan bind nie. ‘n Huis is ‘n slaapplek, die wêreld is waar ek wil beweeg.

Reviews
There are no reviews yet.