3 Verhale in 1
Perfekte Trofee
Speursersant Wilburt Winterbach sit met n reeksmoordenaar ophande. Daar is reeds vier lyke, waarvan die borste en ooglede verwyder is. Die enigste leidrade sov r; is vier lipstiffiedoppies… en die notas wat die moordenaar elke keer stuur.
Die Perfekte trofee is vol spanning en angs … n riller wat jou tweekeer na lipstiffie sal laat kyk.
Isekai
Michael Naude is die meester van manipulasie en wanneer hy nie sy dwalende oog kan beheer nie, is sy vrou Belinda, die skuldige en dit maak van hom n engel. Selfs n trouring mag hom nie daarvan weerhou om ander vrouens te laat goed voel nie.
Eers wanneer Michael na n gru-ongeluk moes veg om sy lewe, besef hy dat hy nie in beheer is van sy eie lewe nie.
Sondes van die Vaders
Klara loer vir oulaas in die spie l. Sy word vanaand aan die room van Frankryk voorgestel as die toekomstige bruid van die skatryk Victor Rodryk. Hierdie is n heel nuwe lewe wat op haar wag. Klara se verlede is begrawe in n land duisende kilometer van hier. Van nou af sal sy moet onthou, Clarissa neem finaal Klara se plek in haar lewe in.
Haar besluit om n die toer haar kleintyd-voetspore te gaan soek, lewer n paar onaangename verrassings op.
Die klein opgehewe geboortevlek in die vorm van n vlinder bepaal egter haar toekoms. Gaan sy met die skatryk Rodryk-erfgenaam kan trou, of het haar verlede haar ingehaal?
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.