Met hierdie besonderse bundel, Liefde Seisoen, het die Malherbe digters en skrywers saamgespan om vir ’n prag-bundel met 33 gedigte en stories te sorg. Vir elke gedig is daar ’n storie wat die kern van die gedig pragtig uiteensit.
Wat sou dan ook nou meer gepas wees om oor te skryf, dan die liefde? Die liefde het natuurlik vele fasette. Dit maak jou gelukkig, laat jou ongeoorloofde dinge doen, vergewe alles… of amper alles.
Somtyds, draai die liefde sy rug op jou en vernietig alles in sy pad.
Maar… Daar is ’n baie fyn draad tussen liefde en haat. ’n Goue draad, wat twee kwynende harte weer saamweef.
Vrees as Metgesel
Price range: R99.00 through R359.00In Vrees as Metgesel neem die skrywers jou op ’n spanningsvolle reis deur stegies van misdaad, raaisels en die onbekende. Hierdie keur van 38 kortverhale delf in die donker dieptes van die menslike psige – waar skuld, geheime en wraak soos skaduwees teen die mure fluister.
Van dorpsplekke met bloedbevlekte verlede tot tydreise vol misterie, van geheime biblioteke tot moord onder die silwer maan, is elke verhaal ‘n unieke speurtog wat lesers aan die raai hou tot die laaste sin.
In Vrees as Metgesel word jy saam met ’n reeks speurders, gewone mense én geheimsinnige figure ingesleep in stories waar niks is soos dit lyk nie.

Reviews
There are no reviews yet.