Dokter Drian Malherbe besluit om vir drie maande weg te breek uit die Kaap om een van die moeilikste besluit van sy lewe te neem – om te besluit of hy in sy liefdelose huwelik moet bly ter wille van sy kinders. Die noodlot speel in sy guns toe hy in die laeveld op Tessa Roussouw, ’n pediater van Johannesburg, se erfplaas beland. Sy laat hom toe om kamp op te slaan in die ongerepte natuurskoon.
In die enkele dae wat volg, gebeur die byna ongelooflike: Tessa en Drian ontdek dat hulle mekaar waarlik liefhet en die res van hul lewens met mekaar wil deel. Tessa vrees egter dat Drian haar eendag daaroor sal verwyt dat sy tussen hom en sy kinders gekom het, en onttrek haar van hom sodat hy die finale besluit op sy eie kan neem. Met die belofte dat hy sál terugkom na haar toe, keer Tessa terug na haar lewe in die stad, om te wag.
Twee ongelukke, geheueverlies, en ’n boemelaar met dieselfde kleur hare en oë as Drian, ruk hulle lewens egter oornag uitmekaar.Tessa kom voor die moeilikste keuse van haar lewe te staan: moet sy die waarheid vertel, of haar geluk beskerm?
LIEFDE SONDER PERK is ’n roerende verhaal uit die pen van die baie bekende Wilmarí Jooste. Dit hou jou vasgenael tot op die laaste bladsy en laat jou met die salige, ewige waarheid: Ware liefde ken géén perke!
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.