Anika Herbst se ontmoeting met haar nuwe buurman, Jos Joubert, is rampspoedig. Om hom met ’n vrot perske te gooi, dra niks by om die situasie te red toe sy die volgende dag besef dat hy die nuwe skoolhoof is nie.
Die teruggetrokke klein Bennie se skielike spraaksaamheid verklap presies wat Jos van die rooikop onderwyseres dink. Vonke spat aanmekaar tussen hulle en hulle stamp kop om elke hoek en draai, totdat Jos naderhand nie meer weet wat hom getref het nie.
Anika kom op die punt waar sy voel dat sy nie langer in Geluksdal kan bly nie. Traumatiese gebeure ruk ’n klomp lewens deurmekaar en Jos maak ’n belofte wat veroorsaak dat hy sal moet terugstaan en Anika laat gaan.
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.