Allegra Calvelli se lewe is besig, maar perfek. Sy is verloof aan die man wat sy liefhet, Ivano Liberti. Deur harde werk het sy ’n suksesvolle veeartspraktyk opgebou. Die kroon op dit alles is dat sy op pad is om ook in haar sport, Ruitersport, die hoogste erkenning in te palm – die Wêreldkampioen titel.
Waarmee hierdie goedhartige, getroue kind van God nie rekening gehou het nie, is dat daar mense baie naby haar is wat deur afguns en jaloesie gedryf word. Hierdie mense se tydsberekening is perfek en die eerste verwoestende slag wat hulle beplan tref Allegra die oggend nadat sy die wel die Wêreldkampioenskap titel ingepalm het. Die verpletterende slag kom in die vorm van ’n koerantberig, met verdoemende foto’s van haar verloofde en ’n ander vrou.Dit steel nie net al haar glorie as Wêreldkampioen nie, maar verwoes haar lewe. Sy verloor nie net die man wat sy liefhet in die aanval nie, maar ook haar twee beste vriende, Lorenzo en Mirabel. Dit laat haar alleen en gebroke met net haar God om aan vas te klou.Dit is egter glad nie waar die bose planne van haar vyande se jaloesie en afguns ophou nie. Met ’n baie slinkse plan infiltreer hulle haar binnekring, want hulle sal met niks minder tevrede wees as haar lewe nie.
Gaan Ivano, Lorenzo en Mirabel hierdie bose mense se planne kan stop en hulle dierbare Allegra se lewe kan red? Gaan haar oë dan uiteindelik op gaan vir die leuens van die verlede?
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Reviews
There are no reviews yet.