ʼn Paar kilometer buite die dorpsgrens op ’n kleinhoewe voer Naas Viljoen en sy vrou, Nellie, ʼn sukkelbestaan. Die paar skape en die klompie hoenders hou hulle net-net aan die lewe. Selfs die lappie mielies staan verdor in die middagson wat genadeloos op die stukkie aarde neerbrand.
Naas is moedeloos gesukkel. Hy maak allerhande plannetjies om hom en Nellie uit hierdie armoede te verlos. Elke Saterdag verwed hy ’n paar pond op die perdewedrenne by die Tattersall in die dorp, met die hoop dat hy binnekort die groot boerpot sal wen, maar dit ontwyk hom elke keer.
Dis juis toe hy weer sy kans waag op die perde, dat hy hoor die man wat langs hom staan het die boerpot geslaan met ’n stewige driemiljoen pond. Dadelik kry hy ’n blink idee. Hy en Nellie se swaarkry gaan binnekort op ’n einde wees. Al wat hy moet doen, is om vas te stel wie die man is, waar hy bly, en alle moontlike inligting versamel. Sommer gou vind hy uit Petrus Pretorius is ’n kranige hengelaar, wat elke Saterdag by ’n spesifieke plek langs die Vaalrivier gaan hengel saam met sy vyfjarige seuntjie. Sy aksieplan word haarfyn uitgewerk. Niks kan skeefloop nie. Of so het hy gedink…
Die Verlore Hommeltuig
Price range: R79.00 through R179.00Delia en Dirkie, ’n avontuurlustige tweeling, is opgewonde om hul nuwe hommeltuie te toets, maar dinge loop skeef wanneer Dirkie sy kontrole verloor en die hommeltuig verdwyn. Hul soektog lei hulle na ’n geheimsinnige vallei vol gevare en vreemde gebeure. Daar ontmoet hulle die eksentrieke professor Hommelkop, wie se robotte buite beheer raak wanneer sy rekenaarstelsel faal. Terwyl die robotte ’n eie weermag bou, word die tweeling se ouers en die lugmag op hul spoor gestuur. Sal almal veilig ontsnap?

Reviews
There are no reviews yet.