’n Blokkie toegedraaide Beacon-sjokolade verskyn een oggend ongesiens op Wouter se lessenaar. Daarna kry hy elke dag ’n blokkie sjokolade met ’n leidraad versteek in die omhulsel, wat hom behoorlik aan die wonder hou. Van wie is die sjokolade en hoe kom dit op sy lessenaar?
Hy begin soek na die geheime sjokolade-meisie, maar beland in doodloopstraat nadat hy al die kantoordames geëlimineer het. Hoe kan ‘n onskuldige blokkie sjokolade sy lewe dan eensklaps so ontwrig?
Sy kollega en vriend, Renier, is ook nie van hulp nie. Hy is in ‘n vuurwarm verhouding met Marlize, die kantoorsekskat.
Intussen raak Wouter deurmekaar met sexy, Zanri, vriendin van Marlize.Zanri is egter nie wie sy voorgee sy is nie. Wouter ontdek haar geheim, maar kan nie sy loopbaan op die spel plaas deur haar te ontmasker nie.
Deur die leidrade stelselmatig te ontrafel wat verskans is in die sjokolade omhulsel, het Wouter twee moontlike kandidate wie sy sjokolade-meisie kan wees; Beatrix die oogkundige, of Bea die tandarts. Maar watter een van die twee is dit?
Wouter beland in ’n situasie wat sy hele lewe kan verander. Gaan hy die regte keuse maak?
Die Verlore Hommeltuig
Price range: R79.00 through R179.00Delia en Dirkie, ’n avontuurlustige tweeling, is opgewonde om hul nuwe hommeltuie te toets, maar dinge loop skeef wanneer Dirkie sy kontrole verloor en die hommeltuig verdwyn. Hul soektog lei hulle na ’n geheimsinnige vallei vol gevare en vreemde gebeure. Daar ontmoet hulle die eksentrieke professor Hommelkop, wie se robotte buite beheer raak wanneer sy rekenaarstelsel faal. Terwyl die robotte ’n eie weermag bou, word die tweeling se ouers en die lugmag op hul spoor gestuur. Sal almal veilig ontsnap?

Reviews
There are no reviews yet.