Delia en Dirkie, ’n avontuurlustige tweeling, is opgewonde om hul nuwe hommeltuie te toets, maar dinge loop skeef wanneer Dirkie sy kontrole verloor en die hommeltuig verdwyn. Hul soektog lei hulle na ’n geheimsinnige vallei vol gevare en vreemde gebeure. Daar ontmoet hulle die eksentrieke professor Hommelkop, wie se robotte buite beheer raak wanneer sy rekenaarstelsel faal. Terwyl die robotte ’n eie weermag bou, word die tweeling se ouers en die lugmag op hul spoor gestuur. Sal almal veilig ontsnap?
Losprys
Price range: R39.00 through R139.00Naas Viljoen en sy vrou, Nellie, sukkel om kop bo water te hou op hul klein stukkie grond net buite die dorp. Sy drome om hul armoede te ontvlug lei hom weekliks na die perdewedrenne, maar die geluk bly uit. Toe Naas hoor dat ’n man naby hom die boerpot van drie miljoen pond gewen het, maak hy ’n gewaagde plan. Hy ontdek die man is Petrus Pretorius, ’n hengelaar aan die Vaalrivier – en Naas is vasbeslote om sy fortuin te verander, ten alle koste.

Reviews
There are no reviews yet.