Roelien se vermoede dat haar man ʼn verhouding het, word gestaaf deur ʼn bewysstuk wat sy in Thinus se kar te ontdek. Hy word gekonfronteer, maar ontken alles.
Volgehoue druk deur René om Thinus vir haarself te eien, dwing hom om ʼn gewetenlose karakter om te koop om Roelien te laat vermoor, of eerder te laat lyk na selfdood of ongeluk.
“Elimineer my vrou.” Die opdrag wat Thinus een aand in ʼn derderangse kroeg aan Rick fluister, betrap die geslepe, obskure karakter vir ’n oomblik onkant. Hy sal enige iets doen as die geld reg is, maar moord? Eenmiljoen rand is egter vir Rick genoeg motivering, en hy begin beplan die aanslag op Roelien se lewe.Thinus druk Rick om die opdrag uit te voer na ’n mislukte poging van Rene om self van Roelien ontslae te raak.
Rick se plan is haarfyn uitgewerk en na weke se beplanning, slaan hy toe. Alles val in plek, sy prooi is in sig, maar beurtkrag op die spesifieke oomblik, laat alles in duie stort.
Het Rick ’n plan B? Wat van Thinus en René se aandeel?
Die Verlore Hommeltuig
Price range: R79.00 through R179.00Delia en Dirkie, ’n avontuurlustige tweeling, is opgewonde om hul nuwe hommeltuie te toets, maar dinge loop skeef wanneer Dirkie sy kontrole verloor en die hommeltuig verdwyn. Hul soektog lei hulle na ’n geheimsinnige vallei vol gevare en vreemde gebeure. Daar ontmoet hulle die eksentrieke professor Hommelkop, wie se robotte buite beheer raak wanneer sy rekenaarstelsel faal. Terwyl die robotte ’n eie weermag bou, word die tweeling se ouers en die lugmag op hul spoor gestuur. Sal almal veilig ontsnap?

Reviews
There are no reviews yet.