Magriet is die enigste kind van streng ouers. Nadat sy haar studies voltooi het, kry sy ’n onderwyspos by ‘n skool waar sy kinders met spesiale behoeftes onderrig. Hier ontmoet sy die ouers van een van haar leerlinge en sy raak halsoorkop verlief op hul oudste seun, Willem.
Wanneer Magriet Willem aan haar ouers gaan voorstel, verbied haar vader haar om Willem weer te sien.
Die jong vrou se lewe neem ‘n heel ander koers, sonder Willem daarin.
Skaaptjops vir Sonja (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Sonja Smit het genoeg gehad van toe-oog-afsprake en mislukte mans. Na ʼn reeks rampspoedige ontmoetings het sy vrede gemaak met haar enkelbestaan – tot ʼn toevallige gesprek voor die vleisrak haar lewe onherroeplik verander. Jac, ʼn aantreklike apteker met ʼn sin vir humor en ʼn hart vol seer, bring weer lig in haar dae. Wat begin as ʼn skerts oor skaaptjops en pap, groei stadig in iets dieper – ʼn tweede kans op liefde. Maar die verlede, familie se verwagtinge en jaloerse skaduwees dreig om die nuwe geluk te kelder. Kan Sonja die moed vind om weer lief te hê, of sal sy toelaat dat vrees haar tweede kans steel?

Reviews
There are no reviews yet.