Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R59.00 – R139.00Price range: R59.00 through R139.00
Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.
Kobus Minnie neem die jongspan op reis deur hierdie boekie met van ons ou gunsteling-sprokies Rooikappie en die wolf en ander verhale. In Rooikappie en Wolf word kinders geleer van gehoorsaamheid.Die lekker lewe by die dam leer kinders om nie te mors nie, elke storie het les te leer.
Kom saam met Kobus Minnie op ‘n verbeeldingstog vandag.
Gedigte is selde die werk van ’n ligsinnige verstand en word al lank geassosieer met wat die meeste in die lewe saak maak—verhoudinge, liefde, geestelikheid, die natuur en die betekenis van die lewe. In Die ABC van Emosies, neem Kobus jou op ‘n gedigte-reis deur die lewe. Hy skryf oor die lewe, die ouderdom, die mooi en die seer.
Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
You must be logged in to post a review.
Hierdie bundel is ook daarop gemik om aan studente en professionele kunstenaars materiaal te verskaf vir eenmanvertonings. Dit word in ‘n ligte trant vertel en probeer nie om meer te wees as net storietjies nie. Ek hoop my poging bring ‘n glimlag in jou dag.
Met n skryfstyl wat liries, humoristies en deurspek is met volkseie vertelkuns, bring Cierenberg n vars stem na die Afrikaanse kortverhaalkuns. Dit is n bundel wat mens nie net lees nie, jy beleef dit.
“Vanoggend brand die helder son weer alles dood,” praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos, met sy kop in sy hande. “Wat ook al gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief,” antwoord Paul. “Die Moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel,” praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand.
Arondshoop is ’n plattelandse dorpie geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal vir almal ken. Elkeen van die inwoners het ’n storie. Daar is oom Kallie Klikbek en sy vrou Sara, en soos wat lesers van sy naam kan aflei, is oom Kallie maar lief om stories stertjies aan te las. So beland hy ampertjies in die moeilikheid toe hy by Rika flikflooi vir ’n karnaaitjie.
3 Verhale in 1
Elke leser bly maar op soek na goeie stories as teenmiddel teen die donker wat ons dikwels wil insluk, en na ‘n ontsnappingsroete, om vir ‘n oomblik te vergeet van tyd.
Afrikaanse stories is tydloos en jy kan verdwaal in die leefwêreld van fiksie.
Reviews
There are no reviews yet.