“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R149.00
“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
Op ’n klein ruimteskip Die Kaaskomeet …
Daar woon vier dapper klein muisies. Zippi, Zoefie, Ziggi en Pippel!
Maar oppas …
Daar is ’n groot kat met skerp kloue wat in die donker tonnels skuil!
Wanneer Ma-Muis kos gaan soek, doen die muisies iets wat hulle nie moet nie …
Wat sal gebeur as hulle Kat-ra-tat ontmoet?
Kom saam en beleef die reis na ’n nuwe huis op ’n planeet vol glinster, vriende en hope pret!
“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
You must be logged in to post a review.
Dirk van Zyl verkry sy inspirasie vir skryf uit sy eie lewe. Sy oë sien raak wat min mense kan sien, en dit is ‘n gawe wat hy ontvang het.
‘n Keur uit die gedigte van Sybie Kleynhans
Wanneer seisoene verskil, vind ‘n hart verfrissing en vreugde in beloftes en herinneringe wat soos somerreën neerdaal. In ‘n wêreld gevul met uitdaging en emosionele dieptes, verken die gedigte lewensreis, veerkragtigheid en hoop, al deurdring hulle hartseer en verlange met die skoonheid van eenvoud en deernis. Elke vers bring die leser nader aan die menslike siel, vol warmte, krag en stille oorwinning.
“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.
So met die tyd saam, het die idee van ‘n nuwe Groot Verseboek ontstaan. Ons Groot Meesters was die baanbrekers wat gelei het dat daar vandag meer en meer nuwe digters na vore kom. En ek glo dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.
Hierdie is ‘n bundel wat spreek van 38 digters se uitkyk op die lewe, jeugjare, die besef van sterflikheid, speel met woorde, sosio-politiese kwessies, die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die self en die mens, en die impak en waarde wat woorde op die mens het. Mag die digkuns ewig voortleef in ons harte en deur ons pen.
Samesteller: Heleen Malherbe
Duet bundel met Margaret Bennett

Reviews
There are no reviews yet.