Wat is nou lekkerder as om jou op te krul met ‘n heerlike Omnibus vol liefde en jouself te verloor in die held en heldin se wel en weë? Net tyd is in staat om ons te wys hoe groot liefde is. Lees saam in hierdie Omnibus 2 hoe tyd ons leer van liefde.
Vrees as Metgesel
Price range: R99.00 through R359.00In Vrees as Metgesel neem die skrywers jou op ’n spanningsvolle reis deur stegies van misdaad, raaisels en die onbekende. Hierdie keur van 38 kortverhale delf in die donker dieptes van die menslike psige – waar skuld, geheime en wraak soos skaduwees teen die mure fluister.
Van dorpsplekke met bloedbevlekte verlede tot tydreise vol misterie, van geheime biblioteke tot moord onder die silwer maan, is elke verhaal ‘n unieke speurtog wat lesers aan die raai hou tot die laaste sin.
In Vrees as Metgesel word jy saam met ’n reeks speurders, gewone mense én geheimsinnige figure ingesleep in stories waar niks is soos dit lyk nie.

Reviews
There are no reviews yet.