Uit die hart van die skrywer aan die leser wat iets meer as ‘n liefdesverhaal soek. Liefde is waar die hart is: Oor die stad waar liggies flonker, waar huisgesinne saam huisgodsdiens hou en in sagte beddens slaap, weet mense van die donker kant van die stad? Weet ons van koue, honger en ongemak van ‘n bed gemaak van kartondose en stinkende vuil klere?
Mense trek hul fyn neuse op vir die bedelaar, die boemelaar of sommer net die straatmens? Vra jouself die vraag: Kan JY een dag in MY flenter skoene loop? Sal JY een nag kan oorleef in die donker nag, onder die sterrehemel as jou huis? Staan vandag ‘n oomblik stil en dink! Daardie mense was ook eenkeer waar jy nou bly, die regte adres, die regte bankbalans, die regte naam!
TOE GEBEUR DIE LEWE…Ken jy sy storie, sy lewensverhaal? Weet jy hoekom hy op ‘n stuk karton slaap?Staan ‘n oomblik stil en lees hierdie verhaal! Dit gebeur daaagliks! Sommige val, sommige staan op, vir sommige draai die wiel.
Vind uit wie was Frank, waar kom hy vandaan. Wie was Johny, wat gaan van hom word?Wie was die onbekende Boytjie? Die een wat afhanklik van die sorg van die groep word? Lees oor kameraadskap, opregte vriendskap as mens niks anders het nie.As hierdie boek nie jou hart raak nie, sal niks dit ooit kan doen nie.
Leer ken die ware Ridders Van Die Grootpad soos die skrywer dit ervaar.
Stad van Goud
Price range: R109.00 through R219.00In die laat jare van die dertigste eeu, vergaan die aarde. ‘n Handjievol superintelligentes word die Kunsmatige Intelligensie van al die eeue. Hulle is onverganglik en alles oorheersend. Gus se Ouma is in beheer en goud word teen ‘n tempo van die kwynende aaarde gesteel en na ‘n onbekende planeet gestuur. Die STAD van goud word ontwikkel. Die mens se smagting en gulsigheid na rykdom sal nooit verdwyn nie. Vanaf die planeet word ruimtetuie aarde toe gestuur om die laaste goud te kom haal. Alhoewel van robotte gebruik gemaak word, stuur Ouma Klara en haar span mense terug aarde toe. Twee onsterflike wesens na die Suide en twee na die Noorde. Gus is die enigste oorlewende van die ou wêreld. As hy besef dat Ouma weg is en hy alleen sal moet oorleef, ontdek hy die rede hoekom hy onder die rug van die Draak in ‘n grot moes skuil. Hy ontdek die vewoeste aarde en heers daaroor; totdat die silwer ruimtetuig in sy omgewing land …. Maar in ’n wêreld waar mag en rykdom bepaal wie oorleef, is kennis die gevaarlikste skat van almal. Gus staan voor ’n keuse: wegkruip en oorleef … of die waarheid ontdek wat die mensdom se lot vir altyd kan verander.

marthapoller –
Ridders van die Grootpad is ‘n boek wat ek met ontsetting gelees het. Ek het meer as een maal gewonder of Ina nie ook op straat was op ‘n stadium nie – hoe kan sy alles so lewensgetrou beskryf? Elke karakter het sy spesifieke doel in die storie … ‘n storie wat uiteindelik glad nie loop soos wat ek sou voorspel het nie. Dit is ‘n boek waaroor ek agterna gevoel het dit was die moeite werd, dit het my opgebou, gelaat nadink oor die lewe … oor myself en my houding teenoor hierdie straatlopers, soos ek hulle noem.
Dankie, Ina, dit wil gedoen wees!