Skye Devanport word gebore as ʼn rykmansdogter, met ʼn beeldskone moeder, wat voorheen ʼn super model was. Sy word op die spog wynlandgoed, Devanport’s Rust, die familie landgoed van die vooraanstaande Devanport’s, gebore.Sy word dus nie net gebore met die voordeel van welgestelde ouers nie, maar ook die voordeel van ʼn naam wat deur jare se familietradisie voortgesit en opgebou is. Geen tekort aan weelde, geen tekort aan liefde, geen tekort aan enigiets nie.Sy word dus met die spreekwoordelike goue lepel in haar mond gebore. Daar kan nie veel in haar lewe verkeerd gaan nie, mag die eerste gedagte wees wat by jou opkom. Tog kan die vrye keuse wat die Vader mense gegee het, dinge vreeslik laat skeef loop.
Soms kan die besluite wat ander mense in jou familie neem, sonder dat jy kies, jou lewe heel omvêrgooi … jou lewe heel laat ontspoor.
Vir die beeldskone Skye Devanport het die lewe meer as die gewone onaangename verrassings ingehou.Hierdie perfekte familie, word deur owerspel, drankmisbruik en die uiterste verraad stormgeloop. Hoe gaan hierdie dogtertjie, wat in sulke ideale omstandighede gebore is, se lewe verander word deur die grootmense in haar lewe se besluite? Hoe gaan sy dit hanteer? Gaan sy bo uitkom? Watter tipe grootmens gaan sy word en hoe gaan sy haar kinders grootmaak? Gaan sy geluk vind?
Byt van die Bloedhond
Price range: R129.00 through R319.00’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Reviews
There are no reviews yet.