Keara Holm, word op die plaas Goedgeluk, naby Bitterfontein in die Namakwaland groot in die vyftigerjare. Werk is daar nie vir alle skoolverlaters in die omgewing nie. Sy word gedwing om as naïewe en onskuldige plaaskind, wat niks van die dinge van die lewe weet nie, in Kaapstad te gaan werk.
Hier maak sy binne die eerste jaar kennis met die harde feite van die lewe, wat haar jong lewe radikaal gaan verander. Met geen ondersteuningsnetwerk, eerstens omdat haar familie so ver is, en tweedens omdat jongmense nie toegelaat is om oor die dinge met hul ouers te praat nie, ontaard haar hart in ’n slagveld, waar sy alleen die seer en verwoesting moet verwerk.
Sy land saam met haar man in die oorloggeteisterde Suidwes-Afrika, in Oshakati. Hier moet sy probeer oorleef met ’n man wat ’n alkoholis en skisofreen is, en haar seuntjie probeer beskerm. Dit is ’n wenresep vir net nog meer oorlog en nog meer lyke in haar lewe waarmee sy alleen moet deel.Die lewe en die liefde doen haar geen gunste nie. Haar enigste anker deur die oorloë waarmee haar lewe telkens geteister sal word, is haar geloof in haar God.
Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe ’n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.