SLINGERPAD NA DIE HART is ’n emosiebelaaide verhaal uit die pen van die immergewilde skrywer: Wilmari Jooste.
Die noodlottige ongeluk van Melda Malan se ouers het die klein Bolandse dorpie geruk. Nou rus dit op haar tenger skouers om na haar kleinboet, Janneman, om te sien.
Die omvang van alles word egter ? paar weke later ontbloot toe die ouditeure deur haar prokureur-pa se boeke gaan. Derduisende rande van kliënte se trustgelde is verduister, en sy, Melda, staan skielik in die beskuldigde bank. Die praktyk en die huis word verkoop om die skuld te delg, wat Melda en haar agtjarige boetie in ’n uiters benarde posisie laat. Alhoewel sy onskuldig bevind word deur die hof, skinder die dorpsmense agter bakhande. Vasbeslote om vir haar en Janneman ? nuwe lewe te skep, vlug hulle ver genoeg weg van Bergstroom af na Johannesburg, waar nog geen mens ooit gehoor het van Wynand Malan en sy skelmstreke nie.
Ontnugter kom sy agter dat dit nie so maklik is vir ’n naïewe plattelandse meisie om in die stad werk te kry nie.
Dewald Stassenheimer ontferm hom oor Melda en Janneman nadat hulle na twee moeilike maande, op straat beland. Dewald raak regtig lief vir die voshaarnooi met die vurige humeurtjie, maar hy weet sy ouer broer, Derrick, sal hulle verhouding nooit goedkeur nie.
Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die koöperatiewe reus, Heimers-Industrieë, Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.
Dan gebeur daar onverwags ’n insident tussen Derrick en Melda. Dit het ’n reeks kettingreaksies tot gevolg, wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud.
Weereens bevind Melda haar in ’n benarde posisie en slaan op die vlug, maar hierdie keer is haar hart in die gedrang.
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

renevdm123 –
Slingerpad na die Hart is ‘n hartroerende verhaal vol intrige. Daar is genoeg komiese oomblikke wat die spanning breek, en ek was mal oor die verrassende slot. Ek het die boek baie geniet en kon dit nie neersit tot ek klaar gelees het nie. Ek kan dié liefdesverhaal beslis aanbeveel