Tien jaar na hul egskeiding word Moeschke Lategan se grootste vrees bewaarheid toe Brink weer onverwags terug is in Suid-Afrika. Sy verhuis Boland toe in die hoop dat hulle paaie nooit sal kruis nie, maar die noodlot bepaal dit anders. Al die ou verwyte en seer is steeds daar, maar nou is daar iemand anders om mee rekening te hou: hul dogter, Amoré, van wie Brink nooit geweet het nie.
Intussen is Helen, die vrou vir wie Brink Moeschke verlaat het, glad nie daarmee gediend dat Amoré ’n plek in Brink se lewe kry nie. Is haar jaloerse verwyt dat Brink Moeschke steeds liefhet die waarheid?
Is die aantreklike Hannes Lottering wat so om Moeschke draai ’n ware man, en waar pas hy in wanneer Moeschke voor die grootste, grootste krisis in haar lewe te staan kom?
Dertien vir geluk (Grootdruk)
R309.00Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Reviews
There are no reviews yet.