“Adele ek wil ‘n egskeiding hê.” Die woorde vlieg verdoemend deur die klein spasie uit Francois se mond. Adele se ore tuit. Is dit moontlik? Haar Francois wat dit nou net gesê het? Voordat sy iets kan antwoord vervolg hy: “Jy is self gesentreerd, dink net aan jouself. Ek wil ‘n kind hê.”Is hulle kinderlose status dan haar fout? Sy is juis later vandag oppad om te hoor wat die dokter sê!
Adele weet sy moet wegkom, en gaan soek troos in ‘n klein teekamer. Sy onderskep die gesprek tussen twee vrouens. “Sanet, jy weet Francois sal hand en tand baklei vir julle kind.” Wat is besig om met haar te gebeur? Is die Francois dan regtig haar man? En die kind?
Adele se moedverlore toekoms kring voor haar uit! Haat sy vir Francois of sal sy hom weer kan vergewe?
Adele leer dat die toekoms nie jou keuse is nie. Sy leer dat vergewe nie genoeg is nie, dat vergeet die eintlike doel van ‘n mens se bestaan is.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.