Janie vlug na die stil kusdorpie Vissiesbaai in ’n wanhopige poging om haar gebroke liggaam en siel te genees. Die letsels op haar been is ’n bitter herinnering aan die trauma wat sy probeer vergeet, én die rede waarom sy niemand naby haar wil toelaat nie. Maar toe stap Ben, die blonde, vrygees-surfer, onverwags haar lewe binne soos ’n somerbries uit die see. Sy speelse terg en onbeskaamde belangstelling laat haar mure kraak, terwyl sy Labrador, Boeta, instinktief besef dat hierdie man dalk kan help om sy mens weer heel te maak. Terwyl die meeue bo die see sirkel, word Janie gedwing om haar verlede in die oë te kyk en te besluit of sy vir altyd op vlug wil wees, of die vlerke van nuwe liefde durf oopsprei. Kan Ben haar leer om weer te glo – in haarself, in vertroue… en in die liefde?
Losieshuis van my hart (Grootdruk)
R249.00Wanneer Louise, ʼn stadsjapie met ʼn eensame verlede, langs ʼn koue plattelandse pad vasval, bots sy wêreld met dié van die vurige Jacques. Onverwagse ontberings, flikkerende vonke en die gemeenskapsgees van ʼn dorpie dwing haar om haar ware self te ontdek—én die liefde te bevraagteken.

renevdm123 –
Was dié nou ‘n lekkerlees liefdesverhaal, vol humor, spanningsvolle oomblikke en (natuurlik) liefde! Ek het bly wonder oor die romanse tussen Janie en Ben, wie se geaardhede en verledes so van mekaar verskil, en ek was aangenaam verras! Dit was maklik om met die hoofkarakter te identifiseer en haar lief en leed saam met haar te beleef. Ek kan die boek beslis aanbeveel. Wel gedaan, Noleen!