Dit is hartvat-stories wat meestal deur Sybie homself ondervind word wanneer hy in skreeuende stilte sit, alles om hom waarneem en die leser daarvan in die prentjie bring van die gebeurlikhede soos maar net hy dit kan beskryf.
In Tyd van die Bome beskryf hy byvoorbeeld sy gebed met die Here, hoe hy met Hom gesels, hoe Hy sy nommer een in alles is. Die verskeidenheid van sy kortverhale tref mens diep en besef mens keer op keer deur watter diep waters Sybie Kleynhans reeds is en steeds gaan, wat hom vandag die wenner maak waarna menige leser, skrywer en/of digter op kyk.
Sybie weerspieël sy fyn sin vir humor wat telkens ʼn giggellag laat opborrel in komiese situasies om net in die volgende storie jou weer ʼn traan te laat pink
Volmaan oor die Vaalrivier (Grootdruk)
R309.00Tussen die Vaalrivier, wilde diere, ou wonde en nuwe liefde moet Wolf en Anneline uiteindelik besluit of hulle bereid is om alles te waag vir iets wat geen van hulle kan koop of beheer nie.
Want soms begin die grootste liefde juis waar twee mense besluit om nooit op mekaar verlief te raak nie.
Sy wou sy plaas hê. Hy wou haar nooit hê nie. Maar die liefde het ander planne gehad.

Reviews
There are no reviews yet.