Dit is hartvat-stories wat meestal deur Sybie homself ondervind word wanneer hy in skreeuende stilte sit, alles om hom waarneem en die leser daarvan in die prentjie bring van die gebeurlikhede soos maar net hy dit kan beskryf.
In Tyd van die Bome beskryf hy byvoorbeeld sy gebed met die Here, hoe hy met Hom gesels, hoe Hy sy nommer een in alles is. Die verskeidenheid van sy kortverhale tref mens diep en besef mens keer op keer deur watter diep waters Sybie Kleynhans reeds is en steeds gaan, wat hom vandag die wenner maak waarna menige leser, skrywer en/of digter op kyk.
Sybie weerspieël sy fyn sin vir humor wat telkens ʼn giggellag laat opborrel in komiese situasies om net in die volgende storie jou weer ʼn traan te laat pink
Tyd van die Leeu (Groot Druk)
R319.00In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

Reviews
There are no reviews yet.