Amanda se roetinelewe in Kaapstad verander onvermydelik toe sy begin korrespondeer met Lars Eksteen, ‘n berugte joernalis wat vir moord gevonnis is. Wat begin as ‘n strewe na lig in donker dae, ontaard in ‘n lewensgevaarlike ontdekkingstog—van korrupte polisiemagte tot internasionale mensehandel. Deur haar briewe raak Amanda emosioneel betrokken by Lars en word gou deel van ‘n gevaarlike ondersoek na onreg en skuld. Met hulp van ‘n privaat speurder en net ‘n paar bondgenote binne die magte, staan Amanda teen ‘n magtige netwerk wat haar lewe bedreig. Die onverwagte band tussen haar en Lars gee albei nuwe hoop, selfs wanneer ontvoering, geweld en verrraad hulle elke tree inwag. Wanneer Amanda self in gevangenskap beland en die ware skuldiges ontbloot word, sal sy moet besluit wat ware moed beteken—en of liefde die donkerste omstandighede kan oorleef.
Rooibos Tee
Price range: R109.00 through R239.00Daar is min dinge so troostend soos ‘n warm koppie rooibostee – eenvoudig, eg en vol genesing. Rooibos Tee – Stil oomblikke vir die siel nooi jou om vir ‘n oomblik stil te raak, diep asem te haal en weer God se vrede te ontdek.
Deur 52 inspirerende weekstukke, gevul met bemoedigende oordenkings, eerlike refleksievrae, gebede, Skrifgedeeltes en positiewe affirmasies, neem Alida de Bruyn jou op ‘n reis van herstel, selfontdekking en geloof. Hierdie boek herinner jou dat jy nie alles alleen hoef te dra nie en dat elke nuwe dag ‘n vars begin kan wees.

Reviews
There are no reviews yet.