Maats, kom deel in Xandri se atletiek-avonture en gaan saam met haar op haar avontuur-reis en leer ‘n waardevolle les om vreemdelinge nie te vertrou nie. Maak saam met haar nuwe maats met Sepie die seeperdjie en Dolfie die dolfyn wat haar red uit die monster-tande van Herman Haai.
Kom kleur jou verbeelding in met stories wat jy sal onthou.
Vergete Verlede
Price range: R129.00 through R250.00In hierdie boek gaan ons saam op ’n groot avontuur deur ons verlede. Ons gaan lees van Wolraad Woltemade en sy dapper perd; van Dirkie Uys wat sy pa gaan help het toe die Zoeloes hulle aanval; van die dapper kinders wat in ’n dam gespring het om hulle maats te gaan red. Daar is soveel stories van dapper grootmense, maar ook van dapper kinders. Ons kan vandag Afrikaans praat en na Afrikaanse stories luister omdat hierdie dapper mense gehelp het om ons taal te bou. ’n Taal wat so mooi is, ’n taal met die naam Afrikaans.
Kom reis saam en geniet die stories!

Reviews
There are no reviews yet.