Hierdie aangrypende storie neem jou op ‘n reis deur die donker en lig van die menslike siel.
Families wat opgebreek is en kinders wat in ’n stelsel verdwyn. Skadu’s wat ’n verlede probeer vind.
’n Nar wat telkens die donker in verdwyn en joernaliste wat sy/haar identiteit probeer openbaar.
Die raaisel opgesluit tussen die woorde sal jou verstom hoe die lewe se wiel bly draai en sal die skadu’s wel glimlag?
Dit is ’n storie wat die hart aanraak en jou met genot sal laat wanneer jy die laaste woord lees en die boek toemaak.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.