Dit raak stil. Asof woorde opgeraak het. Natuurlik kan woorde opraak! Alles wat gesê moet word, is mos nou klaar gesê? Of is daar nog iewers ’n versteekte woordeboek, een wat niemand nog ooit gesien het nie, nog woorde en sinne wat dalk regtig sin maak. Miskien as die stof nou wegwaai sal die blaaie kan oopblaai? Is daar dan ’n storie wat nog nie vertel is nie?
Met rukkende of is dit hortende asemstote soek Riana verward in haar deurmekaar wêreld na die boek. Sy knik haar kop stadig op en af asof sy die antwoord so pas gevind het.
“Riana? Is daar iets wat jy onthou? Probeer die woorde lees dan vertel jy my wat jy sien.”
Hierdie hartroerende verhaal vertel van die seer van ‘n ma deur haar dogter verwerp. Kan liefde weer gevind word na al die hartseer?
Liefde is ‘n Kuns (Groot Druk)
Price range: R119.00 through R309.00Wanneer Lukas en Nadia oogkontak maak ontplof die universe. Wat ‘n perfekte kombinasie, die Kunsgeskiedenis professor en kuns kritikus. Omstandighede maak dit duidelik dat hulle vir mekaar gebore is. Dan gebeur die onvoorsiene, Nadia kom tot haar eie gevolgtrekking en vlug. Haar paaie kruis met die skatryk cassino eienaar, maar haar hart smag na ‘n man met ‘n donker baard. Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou?
Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?

Reviews
There are no reviews yet.