Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R129.00
Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
Boelie en Fransie is twee dapper boeties wat by hulle ouma in ’n klein huisie in die woud bly. Hulle moet vir Ouma medisyne by die dokter gaan haal. Maar ai, as jy nie luister nie, kan daar snaakse dinge gebeur! Voor hulle kan sê “hoenderhok”, dwaal hulle van die pad af en beland sommer reguit in ’n grillerige grot … saam met ’n snaakse, honger monster!
Kan hulle slim planne maak om te ontsnap? Sal hulle ooit weer by Ouma uitkom? En wat op aarde het rooipeper, ’n spinnekop en ’n towerboek daarmee te doen?
Die Towergrot is ’n prettige, spanningsvolle avontuur vol towerkrag, dapper planne en hope lag en opwinding! Kom stap saam deur die mistige woud en ontdek dat slimkoppe en dapper harte altyd wen!
Tekkie en Skoen raak moeg om net heeltyd in ’n donker kas te lê en besluit dit is tyd vir ’n bietjie avontuur. Na smeekbede aan Veter om vir hulle die kas oop te sluit, glip hulle by die voordeur uit.
Hulle besluit om na die park te gaan. Onderweg ontmoet hulle Sandaal, wat hulle waarsku om versigtig te wees.
By die park ontmoet hulle ’n man genaamd Stewels, wat hulle na sy huis nooi vir tee en gemmerkoekies. Stewels lyk heel gaaf en hulle loop saam met hom na sy huis toe. Maar, o wee! Stewels het toe duistere planne met arme Tekkie en Skoen.
Wat wil Stewels met Tekkie en Skoen doen en gaan Gom, Naald en Gare dit regkry om die twee te help ontsnap uit die donker kamer vol stukkende skoene?
Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
You must be logged in to post a review.
Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
Fun-tasie is ‘n weird titel ek weet tog is die woordspeel lekker, die hand-aan-hand loop met die lewe, soms gooi jy die middelvinger of jy trek pinkie, skel mekaar en gaan slaap kwaad, en dan kom die opmaak en dis nou die lekkerste deel. Woorde bly nie lank kwaad vir my nie en dis waar die fun-tasie begin….
Wordsworth noem die digkuns “die spontane oorloop van kragtige gevoelens” en ek moet saamstem, want in 2020 is die eerste Nuwe Era Groot Verseboek vrygestel en digters se woorde is verewig op papier.
Dit is 2022 en ek glo nog steeds dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.In hierdie bundel is daar 61 digters se verse opgeneem wat ‘n groot mylpaal in die digterswêreld is en ons besef opnuut dat die digkuns die beitel van ons taal is.
Mag die digkuns altyd voortleef deur ons en in ons.
Stap Saam Deur 2021 neem lesers op ’n emosionele reis deur ’n jaar vol verlies, pyn en hoop. In die nadraai van ’n moeilike 2020 het mense gehoop op beter tye, maar 2021 het steeds hartseer gebring. Tog het digters hul stem gebruik om hoop te bring waar daar wanhoop was. Hierdie bundel vier nie net die seisoene van die jaar nie, maar ook die seisoene van die hart – van rou na herstel, van afstand na verbondenheid, en van stilte na weerklinkende digkuns.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2024 skakel emosies om in taal en skep ‘n lewendige en intense verbinding met elke leser.
Mag ons Moedertaal Afrikaans, ons daardie ervaring gee in hierdie bundel.
die groot nag vou oorhoofs, waar ek voor my lessenaar my oë opslaan na die hemel, die woorde rondspoel voor my en, dit dan een-vir-een uitspoeg teen die naghemel sodat dit kan vlieg, in stil bewegings van skryf, dit saamhang as my nalatenskap hier, verewig op die wit papier.
And I am not an Afterthought

Reviews
There are no reviews yet.