Ek wil graag die lesers oud en jonk terug neem in tyd. Vir die ouer garde om bietjie nostalgie te belewe en vir die jonger geslag om insae te hê in die ou dae.
Vir baie gesinne was `n eie motor `n absolute luukse. Treinry was die algemene vervoermiddel, veral vir die spoorwegmense. Vandag hunker baie mense terug na daardie tyd en wil graag stories hoor uit die tydperk. Graag deel ek my persoonlike herinneringe, ervarings en staaltjies met die leser. Baie mense sal hulleself hiermee kan vereenselwig.
Al die vertellinge is uit persoonlike ervaringe.
Slampamperpad
Price range: R99.00 through R229.00“Slampamperpad” is eintlik ‘n gedeeltelike outobiografie in vermomming. Dis ‘n onsistematies-gerangskikte beskrywing van ‘n stuk lewensverloop met groot ruimtes tussen-in. Dit wyk gedurig af van die tipies-outobiografiese verwysing na die self, en sluit ander se lewens in, ander se ervarings, ander se sienings. Meeste lesers mag dalk saamstem dat die genre ‘n tipe verwerkte reisbeskrywing is. Die roete is erg kronkelend, maar gelukkig darem besprinkel met skeute humor om elke draai.

Reviews
There are no reviews yet.