Advokaat Courtney Dalton, strafreg advokaat, is bekend vir haar sukses met groot mensehandel sake, en die onreg teen vroue en kinders. Met senior advokaat Zeya Dreyer Coetzee, self ʼn oorlewende van mensehandel as vriendin en raadgewer, gaan sy van krag tot krag. Sy is baie geliefd by haar familie en kollegas. Haar verloofde, Spencer, aanbid die grond waarop sy loop. Maar dan slaan die noodlot toe…
Courtney verdwyn een aand nadat sy by Zeya gekuier het. Net haar voertuig word ure later in die straat gevind waarin die hof geleë is, en waar sy byna daagliks skurke gevangenis toe stuur.
Die span wat op hierdie ondersoek werk is meedoënloos en bestaan uit senior advokaat Zeya Dreyer Coetzee, met haar ondervinding van haar eie ontvoering wat haar dryf; haar man, Mantie Coetzee, ʼn FBI agent wat die hel van sy vrou se ontvoering moes deurleef; en dan agent, Jade Kendrick, ʼn vrou wat vir jare die hel van verkragting deur haar vader moes deurstaan. Hierdie span, met die hulp van baie ander, sal geen steen onaangeraak laat om hul vriendin lewend te vind nie.
Wat gaan hul vind? Wie is verantwoordelik vir die verdwyning van hierdie geliefde jongvrou? Kan dit dalk vergelding wees? Gaan hulle haar kry, lewend of dood?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.