Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R59.00 – R139.00Price range: R59.00 through R139.00
Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.
Kobus Minnie neem die jongspan op reis deur hierdie boekie met van ons ou gunsteling-sprokies Rooikappie en die wolf en ander verhale. In Rooikappie en Wolf word kinders geleer van gehoorsaamheid.Die lekker lewe by die dam leer kinders om nie te mors nie, elke storie het les te leer.
Kom saam met Kobus Minnie op ‘n verbeeldingstog vandag.
Gedigte is selde die werk van ’n ligsinnige verstand en word al lank geassosieer met wat die meeste in die lewe saak maak—verhoudinge, liefde, geestelikheid, die natuur en die betekenis van die lewe. In Die ABC van Emosies, neem Kobus jou op ‘n gedigte-reis deur die lewe. Hy skryf oor die lewe, die ouderdom, die mooi en die seer.
Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
You must be logged in to post a review.
Met elke verhaal neem die Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.
Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.
Pa het altyd gesê lag is die enigste manier om die lewe se oppe en affe te hanteer.Soms word mens egter gekonfronteer met dinge totaal buite jou beheer, dinge wat die grond onder jou voete uitneem. ʼn Bitter moeilike jaar by die werk, siekte en dood … Ek kon kies – sink of skryf, lag of huil.
Met n skryfstyl wat liries, humoristies en deurspek is met volkseie vertelkuns, bring Cierenberg n vars stem na die Afrikaanse kortverhaalkuns. Dit is n bundel wat mens nie net lees nie, jy beleef dit.
Die temas sluit die menslike gees, familiebande, plattelandse eenvoud, en die onvergeetlike humor in gewone situasies in. Karakters soos Hester en Sypa word liefdevol beskryf, terwyl tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse leefstyle harmonieus ineengestrengel word. Die verhale is ‘n mengsel van skerp humor, lewenswyshede en nostalgiese oomblikke, en bied iets vir elke leser wat van karaktergedrewe verhale hou.
Deur al die stories is daar wonderlike lewenslesse vir elkeen om op ʼn vars manier te ontdek, en met ons geliefdes te deel.
Die mooiste dalk net toe … “En Soekie soen Kolla teen sy neus. Gelukkig staar hulle na die geeloog-maan wat deur die wolke loer. Daar bo lag die maan sag, en tevrede. ‘Dit is so mooi’, dink hy, ‘om ʼn nuwe liefde op Kersdag te kan aanskou, al is dit tussen twee steenbokkies’.” Van der Spuy Brink
Reviews
There are no reviews yet.