Price range: R99.00 through R239.00

Komplot

(1 customer review)

Ná twaalf jaar by die polisiemag gooi Inspekteur Jan Joubert die handdoek in en begin as privaat speurder. Sy eerste saak: ‘n vriend wat spoorloos verdwyn het ná ‘n groot lewenspolis. Is dit versekeringsbedrog of iets meer sinisters? Sy ondersoek lei hom oor die grens, reg in die pad van meedoënlose dwelmsmouse en korrupte amptenare. Intussen laat ‘n beeldskone vrou sy hart vinniger klop. Kan Jan die geheime komplot betyds ontrafel of wen die skelms dié keer?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-92851-334-6 190 2020-04-09 Afrikaans N/A , , ,

Meet The Author

Na twaalf jaar diens besluit Inspekteur Jan Joubert dat die Polisiemag nie meer vir hom is nie. Hy werk sy gat behoorlik af, maar die skelms is vinniger uit die selle as wat jy kan s mes. Die geregshowe is vrek v r agter met hul sake en die polisiemag is daardeur gedemotiveerd. Elke dag word die publiek ontnugter met die nuus oor korrupte amptenare en hul bedrywighede.
Hy besluit om dit waarvoor hy die beste opgelei is, op n privaat basis te doen. Hy haat dit dat iemand na hom verwys as n P I en kry vinnig n assistent genaamd Ogies om hom by te staan. Hy word genader om n vriend van hom wat verdwyn het, kort nadat hy n baie groot polis op sy lewe uitgeneem het, te soek. Is hierdie versekeringsbedrog of toeval? Sy ondersoek neem hom na n buurland en sy paaie kruis met gewetenlose dwelmsmouse wat nie sal skroom om te moor nie.
Hy ontmoet ook n pragtige jong dame wat sy hormone behoorlik op loop het. Hy besluit dat sy die een is waarvoor hy tot nou toe gewag het.
Sy pad kruis dan ook met korrupte amptenare, in n mindere mate, en die dwelmsmouse se meelopers wil hom met alle geweld uit die pad h . Gaan hy die KOMPLOT rondom sy vriend se verdwyning betyds ontrafel, of gaan die skelms hierdie rondte seëvier?

Book Type

, ,

Age Group

1 review for Komplot

  1. marsdrey

    Komplot begin met die kwinkslae van ʼn gewese polisieman wat besluit het om nou sy lyf privaatspeurder te hou. Hy is maar redelik twyfelagtig oor hoe hy besigheid sal kry en of hy besigheid sal kry. Sy lewe kry meteens ander betekenis as Ogies homself aanstel as sy regterhand man. ʼn Verhouding wat so mooi deur Kobus gebou word in die boek, van net ʼn wag en nog iemand wat gevoed moet word deur Jan Joubert uit sy reeds uitgeputte fondse, na ʼn man waarsonder hy nie die komplot sou kon oplos nie. Jan en Ogies so werkgewer, werknemer verhouding sorg ook vir die humor in hierdie storie wat jou later op die punt van jou stoel hoe.

    Die verdwyning van een van Jan Joubert se skoolvriende, is vir hom ʼn saak naby aan sy hart, maar ook die voorval wat sorg dat sy bankrekening skielik ʼn vet balans kry. Skielik het sy lewe begin rigting kry, en was hy in sy element. Om reg en geregtigheid te laat geskiet is in sy are. Daarby is Takkies se lewe op die spel en is daar skielik baie mense wat vrae het en hom graag sal wil vind. Hierdie belangrike groot taak rus op Jan Joubert se skouers.

    In die proses ontmoet hy Carla. Gou besef Jan Joubert dat dit dalk die liefde van sy lewe is, maar sy soeke na Takkies en soveel mense wat skielik op hom staat maak, staan tussen hom en hierdie mooi vrou.

    Hy kom stadig maar seker op die spoor van al hoe meer dinge wat nie reg is en lyk nie. Was sy vriend dalk met ondergrondse bedrywighede besig? Lewe hy nog? Sal hy hom betyds kry?
    Hy besluit om sy selfaangestelde regterhand man, Ogies saam te vat wanneer hy Maputo toe gaan. Oortuig dat hy sy antwoorde daar gaan kry, nadat die twee manne in die limo by hul kantoor in gebreek het. Ogies word ʼn waardevolle deel van sy twee-man-span, want hy is Portugees magtig. Dit kom baie handig te pas tydens hulle ondersoek in Maputo.

    Hier word dinge baie warm, maar nog sorg Kobus vir humor met die verhouding wat ou Ogies dadelik aanknoop met een van die meisies by hul hotel.

    By Carlos, die man waarvoor Takkies vragte gery het toe hy verdwyn het, loop Jan hom weer in Andrea vas. Met sy besoek aan Takkies se aanstaande skoonpa, en werkgewer, oubaas Holder in Johannesburg, het hy haar ontmoet, maar haar nors houding het hom glad nie aangestaan nie. Hier verander die situasie en sy word een van sy waardevolste informante.

    Gou kom Jan agter dat daar by hierdie aanleg ʼn groot fout is en ʼn ander slag in die gras is. Hier ontaard Ogies ook in ʼn waardevolle staatmaker vir hom. Saam pluis hulle die saak stukkie vir stukkie uit. Alles verloop nie altyd met maanskyn en rose nie, maar die gedugte span is opgewasse teen wat ook al hulle kant toe kom.

    Jan besluit nadat hy op ʼn ontdekking afgekom het, wat hom laat besef het, hierdie het hy met geharde dwelm base te doen, om Carlos se hulp in te roep. Die stel hom voor aan Temba, wat ʼn groot rol speel in die ontrafeling van die kompot. Tussen Oggies se knopkierie, semi-automatiese pistole, messe en Jan Joubert se Glock, sneuwel daar ʼn hele paar ongewenste karakters, maar maak hulle ook vordering.

    Kobus Pieterse hou jou in die laaste hoofstukke van hierdie boek met jou asem die heel tyd opgetrek. Wat gebeur volgende? Gaan hulle dit almal lewendig uit maak? Gaan Jan Joubert sy vriend, Takkies lewendig en betyds kry vir sy en oubaas Holder se dogter se trou? Gaan hy sy pragtige Carla kan vra om sy vrou te word?

    Julle sal maar self moet lees! Ek sal hierdie boek beslis aanbeveel, vir almal. Daar is genoeg aksie in vir die manne, en net genoeg romans om die ewewig te hou. Humor vorm ‘n fyn draad deur die storie net wanneer die storie te spannend raak.

    Kobus Pieterse, baie geluk met ʼn uitstekende storie. Ek het dit baie geniet en sien uit na jou volgende stories!

    Marsofine Krynauw

Add a review