’n Dagboek vol skatte uit God se Woord.
Miskien het jy as kind ook kennis gemaak met ‘n kaleidoskoop en plat jou rug in die kaleidoskoop gekyk het – nog voor die tyd van televisie – en jou verkyk het in die verskillende vorms en kleure wat aanmekaar verander het terwyl jy die silindervormige speelding stadig in die rondte draai. Elke keer het die vorms en kleure skouspelagtig verander in nuwe asemrowende patrone en kleure.So verander ons lewe voortdurend oomblik na oomblik en dag vir dag.
‘n Kaleidoskoop is egter nutteloos sonder lig. Sonder lig sien jy net donkerte sou jy in die kaleidoskoop probeer kyk. Met lig verander dit wat jy dan sien drasties.
So vind ons lewe ‘n oneindige diepe sin, doel en betekenis as ons ons oë rig op onse Here Jesus Christus. In Johannes 8:12 vind ons hierdie wonderbaarlike uitspraak van onse Here Jesus Christus: “Ek is die lig vir die wêreld”.
So verander ons lewe voortdurend as ons deur die silinder van ons lewe deur Hom as die ligbron na ons lewe, kyk. Ons vind in Hom elke dag nuwe hoop, nuwe inspirasie, nuwe insig en nuwe uitsig – ‘n kleurvolle panorama van geloof, hoop en liefde elke dag in ons lewe.
Ook as dit nag is in jou lewe, kan jy steeds die môrester aan jou hemeltrans sien skitter wat vir jou sê: Die nag het al vêr gevorder, en dit is al amper dag.(Romeine 13:12)
Ons bid dat jy dit ook mag sien, elke keer as jy ‘n bladsy in hierdie dagboek omblaai en elke dag ‘n stukkie lees. Elke keer iets nuut vir elke dag!
Hallo Mev Noag Boek 2
Price range: R79.00 through R199.00Soms meer as wat ons moet, voer ons ʼn innerlike stryd en dit voel of dit besig is om ʼn verlore stryd te word!
Ons gebedslewe is nie meer wat dit was nie, en ons sukkel om weer ons plek by God te vind!Ons geloof is besig om swaar te trek – en ons dink daaraan om op te gee.
Mev. Noag moes ook haar geloof opweeg teenoor haar uitdagings en vrese – sy moes haar vrese agterlaat en geloof kies om die ark wat totaal onbekend was in te gaan.
Sy het met ʼn vreeslose geloof die Ark ingegaan en gekies om vas te hou aan dit wat sy het – HOOP
HOOP BESKAAM NIE

Reviews
There are no reviews yet.