Geselsies oor menswees met ‘n Lag en Traan daarby.
Boekskryf is soos tuinmaak. ‘n Mens kan dink jy weet hoe om ’n tuin uit te lê en wat om waar te plant. Jy kan so maklik jou tuin oorlaai en die verkeerde struike of plantjies plant en jouself dan kort voor lank vasloop in die Nagmerrie Woud van die feëverhale. Daarom moet dit met beplanning en voorbereiding en navorsing gepaardgaan – en baie koffie met koekies – sodat die eindproduk jou met ’n traan laat staar na die kleureprag van ’n goed beplande en beplante tuin!
“Die Lewe Lag” is gebore in die hart van die mens wat ek is.
Menswees sluit lag en huil in, maar dit is my gebed dat ons lag altyd die huil sal oorskadu. Ek glo dat die geselsies hierin vervat, vir elke leser iets sal sê. As jy die emosie lees en met jou hart ervaar – sal jy gou die lag van die lewe hoor en jou menswees opnuut geïnspireer word – so glo ek. Dan kan jy met meer entoesiasme die realiteite van die lewe laggend deurleef.
Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma
Price range: R99.00 through R209.00Die Tsitsikamma is die konteks waar hierdie gesprekke oor geloofskwessies plaasvind. Die omgewing met die see en die bos bied metafore vir die gespreksgenote om te reflekteer op hulle verstaan van God en op talle vrae wat daaruit voortvloei. Die dertien gesprekke is breedweg gebaseer op die geloofstellings van die Twaalf Artikels, waarop krities maar simpatiek gereflekteer word.
