Geselsies oor menswees met ‘n Lag en Traan daarby.
Boekskryf is soos tuinmaak. ‘n Mens kan dink jy weet hoe om ’n tuin uit te lê en wat om waar te plant. Jy kan so maklik jou tuin oorlaai en die verkeerde struike of plantjies plant en jouself dan kort voor lank vasloop in die Nagmerrie Woud van die feëverhale. Daarom moet dit met beplanning en voorbereiding en navorsing gepaardgaan – en baie koffie met koekies – sodat die eindproduk jou met ’n traan laat staar na die kleureprag van ’n goed beplande en beplante tuin!
“Die Lewe Lag” is gebore in die hart van die mens wat ek is.
Menswees sluit lag en huil in, maar dit is my gebed dat ons lag altyd die huil sal oorskadu. Ek glo dat die geselsies hierin vervat, vir elke leser iets sal sê. As jy die emosie lees en met jou hart ervaar – sal jy gou die lag van die lewe hoor en jou menswees opnuut geïnspireer word – so glo ek. Dan kan jy met meer entoesiasme die realiteite van die lewe laggend deurleef.
Hagar
Price range: R109.00 through R299.00Soms moet ons as vroue onsself gaan soek in die lewenswoestyn. Die vrou wy haar lewe as onderdaan aan die man en tot waar is jy bereid om vir die liefde te veg? Selfs ’n leuen probeer leef om jou man te beskerm of beskerm jy daardeur jouself?
Met die lees van Hagar het ek besef geen sirkel is of word voltooi sonder die soeke na ons eie identiteit nie en met die slot in hierdie selfondersoekende boek van Hagar kan ek saam met Hagar getuig: “My waarde, my identiteit, is nie gesetel in al hierdie aardse dinge nie.
