Wanneer ’n mediese tent in die Sudanese woestyn deur ’n aanval getref word, verander dokter Anja Siebert en haar kollegas se wêreld in ’n nagmerrie. Dokters word ontvoer, onskuldige mense vermoor en ’n seuntjie, Yara, verloor sy ma. Te midde van die chaos word ’n reddingsoperasie van stapel gestuur deur kaptein Gustav Minnaar en sy spesiale magte-span. Maar die woestyn hou meer geheime in as wat enigeen kon voorsien. ’n Bloedmaan, geheimsinnige “woestynwolwe” en ’n mediese teater lei hulle na Lomar Al Benjan – ’n gerespekteerde hartchirurg, nou bekend as die Woestynwolf. Vir Libbie Perreira is die verlede skielik weer lewendig. Die man vir wie sy eens lief was, staan nou aan die ander kant van die geweer.
Onwillige skenker (Grootdruk)
R169.00Luitenant Erik Rossouw, verbonde aan Moord en Roof Spesiale Eenheid – Kaapstad, sit met die hande in die hare. Verskeie moorde word in en om Kaapstad gepleeg waar organe geoes word en die moordenaars los geen leidrade nie. Gaan luitenant Erik Rossouw en sy span die moordenaars vastrek – en die majoor tevrede stel wat baie hoë eise aan hom stel – voor ’n volgende slagoffer met sy lewe betaal?
Die antwoorde lê tussen die omslag van ONWILLIGE SKENKER.

Reviews
There are no reviews yet.