Luitenant Erik Rossouw, verbonde aan Moord en Roof Spesiale Eenheid – Kaapstad, sit met die hande in die hare. Verskeie moorde word in en om Kaapstad gepleeg waar organe geoes word en die moordenaars los geen leidrade nie. Die toestand waarin hy en sy span die lyke vind, dui daarop dat ’n gewetelose sindikaat by die moorde betrokke is. Volgens die patoloog wat die outopsies uitvoer, is dit die werk van ’n perfeksionis, dus word muti-moorde uitgeskakel. Die majoor blaas in Erik se nek om die skuldiges vas te trek en uit pure frustrasie vra hy, buite sy aard, hulp van ’n kollega. Met kaptein Luca Peterson, asook sy rookie-speurder, aan sy sy begin die poppe behoorlik dans. Gaan luitenant Erik Rossouw en sy span die moordenaars vastrek – en die majoor tevrede stel wat baie hoë eise aan hom stel – voor ’n volgende slagoffer met sy lewe betaal? Die antwoorde lê tussen die omslag van ONWILLIGE SKENKER.
Bloedrooi Papawers (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.