Mark en Wendy se paaie kruis vroeg in hul lewens. Dalk hopeloos te vroeg. Hulle verbrand hul vingers en daar is geen begrip of ondersteuning nie. Dokter Stevens, Mark se pa, wat meer gesteld is op sy status as sy seun se geluk, kry dit dan ook reg om die twee jongmense met leuens uitmekaar te dryf.
Wendy bekwaam haar as verloskundige en gaan vestig haar op ’n klein kusdorpie waar niemand van haar en Mark se verlede weet nie. Na jare van trane en bloedsweet begin sy selfs weer vrede ervaar. Mark beland as gemeenskap dokter by dieselfde hospitaal waar Wendy geglo het, haar veilige hawe is. Van haar jeugliefde is min oor. Verbitterd en ongenaakbaar maak hy die lewe vir Wendy en haar kollegas ondraaglik.
Hulle vind mekaar weer, maar Wendy se onsekerheid oor Mark se liefde en toewyding dreig voortdurend om hulle uitmekaar te dryf. Om dinge nog verder te kompliseer, daag die blonde Gloria uit Mark se studentedae ook by die hospitaal op. Gaan hulle liefde die onderliggende vrees en onsekerheid oor hul toekoms saam deurstaan?
Pretty boy en sy ooitjie (Groot Druk)
Price range: R89.00 through R299.00Wanneer Ruben instem om vir ’n paar maande sy vriend se suster, Marietjie, met die plaas te help, dink hy dit gaan ’n
eenvoudige guns wees. Wat hy egter nie verwag nie, is die vurige boervrou met heuningblonde hare, ’n skerp tong en ’n
hart wat diep letsels dra.

Reviews
There are no reviews yet.