Janie vlug na die stil kusdorpie Vissiesbaai in n wanhopige poging om haar gebroke liggaam en siel te genees. Die letsels op haar been is n bitter herinnering aan die trauma wat sy probeer vergeet, n die rede waarom sy niemand naby haar wil toelaat nie. Maar toe stap Ben, die blonde, vrygees-surfer, onverwags haar lewe binne soos n somerbries uit die see. Sy speelse terg en onbeskaamde belangstelling laat haar mure kraak, terwyl haar Labrador, Boeta, instinktief besef dat hierdie man dalk kan help om sy mens weer heel te maak. Terwyl die meeue bo die see sirkel, word Janie gedwing om haar verlede in die o te kyk en te besluit of sy vir altyd op vlug wil wees, of die vlerke van nuwe liefde durf oopsprei. Kan Ben haar leer om weer te glo in haarself, in vertroue en in die liefde?
Jy proe soos pannekoek (Groot Druk)
R219.00In ’n klein kusdorpie waar almal mekaar ken, leef matrone Sheila Fick ’n rustige, goed-geordende lewe. Haar dae word
gevul deur die hospitaal, haar tuin en haar geliefde kat, Kotie. Maar onder die kalm oppervlak lê ’n verlange na iets
meer – na liefde, na ’n gesin wat nooit vir haar beskore was nie. Wanneer die stil, aantreklike dokter Michael
Wellington en sy rooikopseuntjie, Carl, in die huis langs hare intrek, begin Sheila se veilige wêreld stadig verander.
Michael dra die letsels van verlies, en Carl smag na warmte en avontuur. Tussen melkskommels, plaasbesoeke en klein
dorpsgeheime groei ’n brose band – een wat harte kan genees …

marsdrey –
Ek het hierdie boek van Noleen Ann Fitchet binne een aand klaar gelees, ek kon dit net nie neersit nie.
Noleen se humoristiese skryfstyl vang jou vinnig vas dat jy nie wil die boek neersit nie. Sy verweef emosies en humor met mekaar om haar leser se aandag te hou.
Vlug van die meeue is ‘n pragtige verhaal van ‘n baie besonderse liefde wat gevorm word te midde van die seer en foute van die verlede. Die kosbare waarheid dat eerlikheid en respek in ‘n verhouding alles kan oorkom, word pragtig weergegee in haar storie.
Dit is ook die grondslag wat wanneer die aanslag van die monsters uit Janie se verlede kom, hulle laat sterk staan en wys dat liefde alles kan oorwin.
‘n Verhaal wat jou sal laat giggel, laat besef dat eerlikheid in ‘n verhouding een van die waardevolste elemente is, jou hart sal laat verteder, jou warm onder die kraag sal maak vir oor familie se optrede en sal laat met ‘n salige gevoel van genoegdoening aan die einde.
Welgedaan Noleen, beslis ‘n boek wat ek vir enigiemand sal aanbeveel om te lees.
Marsofine Krynauw