“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur. Sterk beelde lei tot ‘n dieper insig en word as ‘n eenheid aangebied. Die titel dui nie net daarop dat die natuur onderworpe is aan seisoene en verganklikheid nie, maar dat die mens aan dieselfde beginsels onderwerp word en dat een seisoen soms langer duur as ‘n ander. Kenmerke wat duidelik op die voorgrond tree, is die digter se donker wroegings, verlange en liggaamlike pyn. Sterk sintuiglike beelde sal die leser telkemaal verras en op reis neem vanaf die eerste tot die laaste vers in die digbundel.
“Dan sal ek vra: verstaan jy die rower van tydmet moeë bene en konflik – die ego wat verslinddie eufemisme van isolasie in ‘n veragte bloedmarkvan koud en verlatenheid, kaalte tussen nêrens”(Uittreksel uit: Bewaker vir my siel)
Fun-tasie
R139.00Fun-tasie is ‘n weird titel ek weet tog is die woordspeel lekker, die hand-aan-hand loop met die lewe, soms gooi jy die middelvinger of jy trek pinkie, skel mekaar en gaan slaap kwaad, en dan kom die opmaak en dis nou die lekkerste deel. Woorde bly nie lank kwaad vir my nie en dis waar die fun-tasie begin….

Reviews
There are no reviews yet.