Price range: R99.00 through R299.00

As liefde tuiskom (Groot Druk)

Alex Zeeman, ’n koue en meedoënlose sakeman, ontdek by ’n gastehuis dat sy jeugliefde Vicky, wat hy agt jaar gelede verloor het, dood is – én dat sy swanger was met sy kind. Vasbeslote om die seun wat aangeneem is, op te spoor, begin Alex ’n emosioneel gelaaide soektog na die waarheid.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-99145-522-2 277 2024-09-09 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

Alex Zeeman is bekend as ’n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by ’n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind. Alex het agt jaar gelede ’n verhouding gehad met Vicky. Sy het nie sy skatryk, snobistiese ouers se goedkeuring weggedra nie, maar Alex was vasbeslote om met haar te trou. Op pad na haar toe was hy in ’n ernstige motorongeluk en daarna ses maande lank in ’n koma. Toe hy uiteindelik herstel en na Vicky gaan soek, kon hy haar nie opspoor nie. Nou vertel Jacoba hom dat Vicky dood is, maar wat hom nog meer skok, is die inligting dat sy swanger was en die seuntjie laat aanneem het. Hulle was onder die indruk dat Alex vir Vicky net gebruik het en haar toe opsy gegooi het.
Nadat Jacoba hom vertel het dat die baba deur Trudie en Wessel Coertzen van Pretoria aangeneem is, neem Alex hom voor om die kind tot elke prys te vind.

Book Type

, ,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “As liefde tuiskom (Groot Druk)”