Die Bedelaar is n geestelike, fiktiewe verhaal van Teddie, wat op die rand van die samelewing wandel. ‘n man wie se lewe verwoes is deur pyn, verliese en verlore drome. Kersfees bring nie meer vreugde nie, net ‘n gedempte herinnering aan wat eens was. Terwyl Teddie deur die strate van die stad swerf, sukkel hy nie net met aanvaarding nie, maar met die spook van sy verlede wat hom bly agtervolg. Dit is ‘n storie van hoop en verlossing te midde van wanhoop, van ‘n man wat sy menswaardigheid probeer behou wanneer alles anders verdwyn. Terwyl hy ou vriende en onverwagte bondgenote raakloop, onder andere die sesjarige Tanya wat nie op haar mond geval is nie, word hy met keuses gekonfronteer wat sy lot onherroeplik kan verander. Hy leer van voor af hoe verhoudings n gebroke hart weer heel kan maak, en vernaam, dat daar geen lewensverhaal t donker is, vir die lig van God om deur te breek nie. Dit was n voorreg om saam met Teddie te reis, en elke keer saam met hom weer op te staan, en uiteindelik die laaste hoofstuk van sy storie te kon beleef. My hoop is dat Teddie ons elkeen net weer bewus maak dat elke geskape mens, God se liefde verdien.
Verhale wat reik na die Ewigheid
Price range: R89.00 through R279.00Verhale wat reik na die Ewigheid is ‘n inspirerende bundel van geestelike liedere, getuienisse en die lewens van geloofshelde soos Martin Luther, Corrie ten Boom en Billy Graham — ‘n hartlike uitnodiging om weer te glo en jou hart te rig op dit wat werklik saak maak.

Reviews
There are no reviews yet.