Tersia Vermeulen het ‘n droom: om ‘n volbloed-perdeboer te wees. As gekwalifiseerde veearts weier sy om agter ‘n lessenaar vasgevang te word — sy vermom haarself as ‘n man en neem ‘n pos aan op die mees gesogte stoetery in die land. Maar Kobus Verbeeck, die hardekwas eienaar, het geen liefde vir vroue op sy plaas nie, en glo nie dat hulle hul plek tussen perde in die werf ken nie. Tog is Tersia vasberade om hom anders te wys. Te midde van stugte bevele, vurige perde en verdagte oë, begin ‘n stille respek tussen die twee vorm. Sal Tersia se geheime haar ondergang wees, of sal haar kennis en passie haar red? .
Die Prototipe
Price range: R99.00 through R179.00Adri glo sy het haar droomman gevind. Karel is sjarmant, aantreklik en selfversekerd – die perfekte prototipe van ’n man. Haar familie is egter nie oortuig nie. Iets in sy oë, iets in sy besitlikheid, laat waarskuwingsligte flikker. Wat begin as ’n sprokiesromanse met rose en hartjies, verander stadig in ’n web van beheer, manipulasie en emosionele geweld. Karel begin Adri van haar familie vervreem, haar selfvertroue afbreek en haar wêreld al kleiner maak. Die liefde wat sy as veilig beleef het, word ’n gevangenskap sonder tralies. Wanneer die eerste klap val, besef Adri dat sy nie met ’n droomman getrou het nie – maar met ’n vreemdeling agter ’n masker. Sal sy die krag vind om los te breek? Of sal sy bly glo aan die beeld wat sy self help bou het?

marsdrey –
Nouja Engela de Bruyn, jy is alleen die rede hoekom ek vandag asvaal en flou is … ek het gisteraand net na sewe jou boek begin lees en vanoggend half twee toe is ek klaar. Ek kon dit net eenvoudig nie neersit nie.
Is ek bly dat jy na jou aftrede weer begin skryf het … want dit sou beslis vir ons taal ‘n verlies wees as jy nie sou skryf nie.
Die kneg van Verbeeck Boerdery het my aandag dadelik vasgevang. Die storie het my geen oomblik op enige stadium verveel nie. Verder is die inligting wat jy weergee oor die perdeboerdery interessant en dra by tot die egtheid van elke toneel.
Die hoofkarakter, Kobus, se wisselvallige emosionele optrede maak dat jy altyd wonder wat volgende gaan gebeur en dra daartoe by dat sy ontdekking van wat hom nou eintlik makeer nog meer tref krag het – ek het gedink “dit is nou ‘n lae hou vir ‘n man soos hy” en in my mou gelag omdat ek as leser ander insig het op die storie.
Deur die hele storielyn het ek die humor baie geniet – hoe jy ernstige situasie geskryf het maar steeds jou leser die humor daarin laat sien.
Ek het hierdie boek baie geniet en dit is eenvoudig ‘n boek wat ek vir almal sal aanbeveel.
fitchetnoleen –
Lewendige storie van Tersia/alias Tersius. Haar passie en kennis van perde dryf haar tot uiterste planne.
Sy flous die norserige Kobus en kom week by sy stoetery as n werker.
Spoedig het sy die plaas op horings. Maar Dan loop alles skeef en onbewustelik verdwyn sy.
Kobus is rasend en net wanneer Hy hoop kry, is Sy landuit.
Jy sal tot die einde geboei word.
Hierdie is n boek wat jy nie Wil neersit nie.