Hanna is ’n enkel mamma met twee kleuters en swanger. Sy trou met ’n boorman. Vyftien jaar van rondswerf en swaarkry wag op haar.
Sy kyk terug op ’n lewenspad waar haar spore dof is en soms heeltemal verdwyn. Nes sy dink haar swaarkrytyd is verby, slaan die noodlot weer toe.
Hoeveel pyn kan een mens dan verduur sonder om te knak?
Ons eie lewens is soms vol Hanna’s, maar uit Hanna se verhaal leer ons om te bly hoop. Die spore wat ons trap is nie altyd hoe ons dit beplan nie. Soms laat ons dowwe spore agter totdat die lewe eendag vir ons die duidelike spore aandui.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.