Februarie 1962. n Jong man klim op n trein by Otjiwarongo met n le beursie, n kop vol vrae en n hart swaar van keuses. Hennie Jones is vasgevang tussen die dorre spore van Rooiplaat en die onbekende strate van Pretoria. Dis n tyd van oorgang, van hoop n van opoffering. Is drome genoeg om te ontsnap aan armoede en onkunde? Kan n mens loskom van jou verlede of neem jy dit saam, verpak tussen padkos en beloftes? Terwyl die trein suidwaarts kreun, wentel Hennie se gedagtes om wat was, wat is, en wat moontlik nog kan wees. Onder die oppervlak broei groter waarhede oor identiteit, herkoms en menswaardigheid in n land wat self op n kruispad staan. Wentelwinde is n roerende verhaal van afskeid en aankoms, van innerlike stryd en vasberadenheid. Met sy ryk beeldspraak en genuanseerde karaktertekening bring Hennie Jones n eerlike blik op jongwees, drome en die swaarte van keuses in n veranderende wêreld.
Kleiduiwe kan vlieg
Price range: R99.00 through R269.00Kleiduiwe kán vlieg – die titel is ontleen aan ‘n tema vanuit die Nuwe Testamentiese apokriewe waar menslike mag deur ‘n wonderwerk opgehef word – is ‘n hibriede-roman wat bestaan uit ’n aantal novelles wat dikwels ook van die kortverhaalstruktuur gebruik maak. Onderskeie intriges word binne die novelles uitgebou, terwyl die hoofkarakter en ander karakters, die milieu, tyd en omstandighede tematies verbind word. Die tema van vernietiging deur menslike keuses word deurgaans gevolg, terwyl die woord en die verhaal in die skryfaksie ter wille van die skryfaksie self vir die skrywer en moontlik ook die leser ‘n katarsis bring.

Reviews
There are no reviews yet.