Dokter Andrey Botha, ʼn belowende jong dokter, vind die liefde van sy lewe in Miranda Nel, ʼn popgesig Radiografis. Twee weke voor hul troue loop dinge egter vreeslik skeef en vlug Andrey om weg te kom van die grootste teleurstelling in sy lewe.
Hy het geen idee waarheen hy op pad is nie, maar eindig op in Bloemhof, by Plek van die Visarend. Hier ontferm Linda, die eienares, haar oor hom, sonder om te besef wat in sy verlede gebeur het, en raak hy soos ʼn seun vir haar. Sy grootste begeerte is om ʼn nuwe lewe hier teen die Vaalrivier vir homself te maak. Dit is opvallend dat hy, wat so ʼn aantreklike man is, niks met vroue te doen wil hê nie. Sal hy hier sy verlede kan agterlaat?
Vyf-en-twintig jaar later benodig Linda dringend ʼn Restaurant Bestuurderes. Sy adverteer die pos in die koerant. Byna dadelik reageer ʼn jongvrou, Mirandrey Nel, op haar advertensie. Op daardie stadium beklee sy dieselfde pos by ʼn baie bekende seekosrestaurant in Bellville en wil dringend wegkom uit die stad. Linda kan haar geluk nie glo nie.Uit die staanspoor verbeel Linda haar dat die meisie bekend lyk, maar sy durf nie vrae vra nie. Wie is die meisie? Hoekom het sy Bloemhof toe gevlug? En na wie lyk sy dat dit so aan Linda knaag?
Leila (Groot Druk)
R269.00Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur Bedoeïene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wêreld van weelde, geheime en ongesproke reëls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lê ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Reviews
There are no reviews yet.