“Die lewe, my kind, is net soos ʼn pokerspel. Hy deel nie altyd vir jou goeie kaarte nie. Soms ontvang jy kaarte waarmee jy niks kan doen nie, kaarte wat jy nie wil hê nie.
Dan het jy nie ʼn keuse nie: jy kan daardie kaarte nie omruil vir ander, beter kaarte nie. Jy moet dit wat jy gekry het gebruik. Dis waar jy leer bluf. Jy kan jou omstandighede soos ʼn kleed om jou gooi en hangskouer deur die lewe gaan, óf jy kan jouself, en die wêreld, bluf deur ʼn glimlag op jou gesig te plak.”Anita Botha se jongmenslewe word omvergewerp toe haar pa onverwags sterf en hulle los met niks. Haar ma word die spot van die dorp en sy, ou Vuil Visser se dogter. Jare later kruis haar paadjie die van Melanie Mouton, enigste dogter van sendelingouers.
Melanie is ʼn moeilike kalant, ʼn rebel wat haar nie steur aan reëls nie. Sy wil net klaarmaak met skool sodat sy kan wegkom van die skool, die dorp en haar ouers wat haar eintlik nie wou hê nie.
Anita sien iets van haarself in Melanie. Sy herken haar seer, haar woede maar ook haar ongelooflike talent.
Die opstel wat Melanie in die Lewensoriëntering klas moet skryf verander haar lewe en vier jaar later kan sy doen wat Anita self moes leer doen – vrede maak met haar omstandighede en wees wie sy bedoel is om te wees.
Sing vir my ‘n droom (Grootdruk)
R239.00Amanda Visser is gelukkig met haar rustige lewe: studies, haar geheime droom om eendag ‘n skrywer te word, en haar klein kringetjie vriende. Liefde is die laaste ding waarvoor sy tyd het. Toe haar beste vriendin haar oorreed om een aand na ‘n klub te gaan luister na ‘n gewilde nuwe orkes, verander alles. Op die verhoog staan Ben Calitz – ‘n jong sanger met ‘n stem wat haar teroer en oë wat blykbaar net vir haar sien. Wat begin as ‘n toevallige ontmoeting, groei vinnig tot iets wat albei se lewens onherroeplik verander. Maar liefde kom nie sonder uitdagings nie. Amanda worstel met haar studies, haar kritiese ma se verwagtings en die onsekerheid van ‘n verhouding met iemand wat in die kollig leef. Ben dra op sy beurt sy eie verlede en drome saam. Kan twee mense wat voel hulle harte het mekaar herken, die storms van die lewe trotseer? Of sal hul droom van liefde net dit bly – ‘n droom? Sing vir my ‘n droom is ‘n hartroerende liefdesverhaal oor hoop, musiek, familie, tweede kanse en die moed om jou hart te volg.

Reviews
There are no reviews yet.