Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |
R59.00 – R159.00Price range: R59.00 through R159.00
Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
Ontmoet vir Vettie. Net Vettie. ʼn Gewone seun vol lewenslus, geite en goete.
Die breinkind van Ds Kallie Fourie, afgetrede Leraar van die Baptiste Kerk.
As eerstejaar student het hy met ʼn kinderbediening in Brakpan begin – dit is hier waar Vettie “geskep” is. Hierdie verhale van Vettie het ʼn groot inslag in die kerk gehad en was hoog in aanvraag. Klein en ook veral groot, het dikwels aangedring op ʼn storie oor Vettie.
Vir die afgelope 50 jaar was verhale en dramatiese vervolgverhale oor Vettie ʼn gereelde deel van eredienste. Daar is altyd gepoog om by elke verhaal ʼn geestelike toepassing by te voeg. As u dus hierdie bundel sou opneem en lees, bid ek dat u dit sal geniet en die seën sal kan put uit die boodskap daaragter.
Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
You must be logged in to post a review.
Soms moet ons as vroue onsself gaan soek in die lewenswoestyn. Die vrou wy haar lewe as onderdaan aan die man en tot waar is jy bereid om vir die liefde te veg? Selfs ’n leuen probeer leef om jou man te beskerm of beskerm jy daardeur jouself?
Met die lees van Hagar het ek besef geen sirkel is of word voltooi sonder die soeke na ons eie identiteit nie en met die slot in hierdie selfondersoekende boek van Hagar kan ek saam met Hagar getuig: “My waarde, my identiteit, is nie gesetel in al hierdie aardse dinge nie.
In Pêrel word verskeie sensitiewe kwessies met deernis aangeraak. Die leser word deel van Mirna en Dylan se wêreld en ervaar die oomblikke van hartseer en vreugde saam met hulle. Die lewe is beslis nie altyd maanskyn en rose nie, maar is vol kosbare oomblikke en genotvolle herinneringe wat alles die moeite werd maak. As jy besluit om die lewe deur God se oë te sien, kan en gaan jy bo jou omstandighede uitstyg.
“Op ’n snikhete somersdag, as die middag traag oorgaan in die vroeë aand en daar sak ’n reënbuitjie uit om mens, dier en grond te lawe, en ek voel die koel reëndruppels op my vel, so is gebed vir my.” ’n Eenvoudige en gemaklike samestelling van die belangrikste aspekte rakende gebed, op so ’n wyse dat dit toeganklik is vir enigepersoon van 10 tot 80 jaar oud.
Die Bedelaar is n geestelike, fiktiewe verhaal van Teddie, wat op die rand van die samelewing wandel. ‘n man wie se lewe verwoes is deur pyn, verliese en verlore drome. Kersfees bring nie meer vreugde nie, net ‘n gedempte herinnering aan wat eens was. Terwyl Teddie deur die strate van die stad swerf, sukkel hy nie net met aanvaarding nie, maar met die spook van sy verlede wat hom bly agtervolg. Dit is ‘n storie van hoop en verlossing te midde van wanhoop, van ‘n man wat sy menswaardigheid probeer behou wanneer alles anders verdwyn. My hoop is dat Teddie ons elkeen net weer bewus maak dat elke geskape mens, God se liefde verdien.
Die Tsitsikamma is die konteks waar hierdie gesprekke oor geloofskwessies plaasvind. Die omgewing met die see en die bos bied metafore vir die gespreksgenote om te reflekteer op hulle verstaan van God en op talle vrae wat daaruit voortvloei. Die dertien gesprekke is breedweg gebaseer op die geloofstellings van die Twaalf Artikels, waarop krities maar simpatiek gereflekteer word.
Vuurklip bevat ‘n keur van die skrywer se beste preke as ‘n predikant, maar bied ook sielkundige perspektiewe op verskillende lewenskwessies. As ‘n predikant en gekwalifiseerde sielkundige, bied hierdie boek sielkundige perspektiewe vir teologiese vrae op ‘n vars en praktiese manier wat die leser help om uitdagings van die lewe die hoof te bied op ‘n Christelike en praktiese wyse.
Hoewel die boek praktiese antwoorde bied, is daar ‘n onderliggende nostalgiese vertelling oor kinderherinneringe en die ontdekking van ’n tonteldoos. Soos die vuurklip altyd ’n vonk kan lewer, bied die Woord van die Here voortdurend lig en leiding—ongeag die omstandighede, dag of nag.

Reviews
There are no reviews yet.