Wat kry jy as ‘n fotograaf ‘n bundel kinderstories skryf? Foto’s van regte kinders wat die stories uitbeeld!
Lugkasteel Stories is ‘n versameling kortverhale vir kinders. Die goue draad wat dwarsdeur al die stories geweef is, is om jou drome (lugkastele) na te jaag en uit te leef.
Neelsie en die geel monster
Price range: R49.00 through R149.00Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?
